OORSIG

Ervaar ‘n teater-aand gelaai met gedramatiseerde en aangrypende spookstories, gebaseer op ware voorvalle. Vertellings wat koue rillings deur jou lyf stuur, of ander wat jou kop in ongeloof sal laat skud.
Natuurlik delf ons gedurende die aand ook terug in tyd en kyk na die ryke geskiedenis van die spesifieke omgewing waar hierdie produksie aangebied word.
Ingekleur en vermeng met die musiek van die sangpaar, DIE VENSTER (met Charl en Carla Erasmus), met tydlose treffers en goue oues deur die jare.  Alles liedjies met spookagtige-ondertone, soos onder andere Skadu’s teen die muur (Koos du Plessis), All I ask of you (Andrew Lloyd Webber), Kerse teen die donker (Amanda Strydom) en Come little children (Erutan).
Dit alles wag op jou tydens ons verhoogaanbieding, Die-anner-LEWE.
Hierdie produksie van storievertellings en sang is ongeveer 110 minute lank, (pouse uitgesluit).
Lees ook die Vraag-en-Antwoord-blad

Volgende aanbieding
WAAR EN WANNEER: Pierneefteater, Pretoria, 19 Oktober, 19:00
Teater adres: h/v Mogg en Pierneefstrate, Villieria, Pretoria
KAARTJIEPRYS: R150 per persoon 
NAVRAE: Spookstorie-produksies (076 319 1660)
BESPREEK HIER: DIE-anner-LEWE bespreking

Kry hierdie produksie vir jou venue of organisasie
Is jy ‘n ondersteuner van Afrikaanse teater wat ‘n intieme verhoogproduksie na jou omgewing wil bring?
Bestuur jy ‘n klein venue, soos byvoorbeeld ‘n teaterrestaurant, wat meer voete deur jou ingangsportaal wil kry? Is jy betrokke by enige gemeenskapsorganisasie, klub of vereniging, opsoek na ‘n fondsinsamelingsprojek?
Dan is hierdie storie-en-sang-produksie die ideale geleentheid wat jy vir jou gehoor kan bespreek teen ‘n minimale kunstenaarsfooi. Aangebied by teaterrestaurante of ander venues binne ‘n radius van ongeveer 250 km vanaf die JHB/PTA-omgewing.
Vir meer besonderhede hieroor, stuur jou kontakbesonderhede aan spookbus@gmail.com en ons sal jou terug skakel.