Suid-Afrika wen sy eerste rugbytoets teen Nieu-Zeeland met 15-11. Die held in die oorwinning was die Springbok Okey Geffin en sy legendariese skop-voet, wat vyf strafskoppe deur die pale geklits het. Dit was destyds ‘n wêreldrekord vir die meeste trefslae in een wedstryd. Okey het sy skopvaardighede destyds as ‘n oorloggevangene tydens die Tweede Wêreld Oorlog in Poland geoefen waar hy aangehou was. Aangesien daar nie stewels beskikbaar was nie, het Okey sy skoppe kaalvoet geoefen.