Die Spookstorie-aanbieders gaan uit hul pad om vir jou ‘n aand te bring wat jy informatief, interessant, leersaam, lekker en onvergeetlik sal ervaar. Daarom is jou terugvoering vir ons belangrik. Maak van die onderstaande vorm gebruik om kommentaar te lewer, of los ‘n boodskap op ons Facebookblad.
Almal se terugvoering verskyn onveranderd hieronder.

stuur jou terugvoering.

Terugvoering

TERUGVOERING VAN 2018-GASTE
Walda Acevedo Azula: Aan die spookbus-span. Hierdie was die vetste pret wat ons in ‘n lang tyd gehad het.  Baie dankie vir kennis, geskiedenis, kundigheid en net pure lekkerte wat met ons gedeel is. Groete
Dorothy Fritz: Ek wil net namens myself en my man Johan en dan my dogter en haar man sê baie baie dankie vir ‘n great aand uit op Saterdag, 18de Augustus 2018.
Ek en Johan was op ‘n vorige geleentheid op die toer so 2 jaar terug en nou weer saam die kinders. Dit lyk my dit raak net beter en beter, veral die hotel besoekie was ‘n ware “knock out” of moet ek sê ‘n orgamasistiese ondervinding! Dit was baie lekker en ons vertel vir almal wat ons ken van die toer en hoe great experience dit is. Hoop julle gaan dit nog lank doen want glo dit of te nie maar ons sal graag weer passasiers op die bus wil wees. Lekker dag tot ons weer ontmoet.
O. ja die aanbieder is great, ek mal oor hom en die manier hoe hy die stories oorvertel.
Vicky-Ané Coetsee: Vreeslik dankie vir n besonderse aand!
Anet de Beer: Baie dankie vir hierdie geskiedkundige tog na gister. Dit was awesome aangebied.het dit so baie geniet.
Leonora Venter: Al my verwagtinge oortref. Baie goed aangebied, never n dull moment…. Wat n ervaring, beslis n moet doen vir enige iemand! Uitstekende produksie. Groot pret, baie geleer, en lekker “bang”gewees, en baie yskoue rillings ervaar. Weereens baie dankie
Rene welthagen: Ek wil net van my kant af ongelooglik baie dankie se vir saterdag 5/5 se toer deur pta. Dit was waarlik n ongelooflike ervaring om die minste te se. Ek is ook aangenaam verras om te se dat ek onreelmatighede op van my fotos gekry het wat my deur die nag wakker gehou het en laat dink het. Baie dankie vir n ongelooflike gereelde toer met vriendelike medeaanbieders.
Hennie Coetsee: Baie Baie dankie vir die hele span wat dit n ongelooflike ervaring gemaak het, Julle is die beste
Zelda Erasmus: Love dit, gaan beslis weer gaan, het my oë baie oopgemaak vir die lewe daar buite,  ek beveel hierdie beslis aan, die storie verteller is awesome en ja ek het op ‘n stadium gevoel  of my hart in my keel sit soos jy jouself inleef en dan… skrik!!!
Liza Du Plessis: Great fun !
Rika du Plessis: Goeiemore. Baie dankie ook van ons kant vir die aand se ervarings. Ons het dit werklik geniet.
Pieter Cloete: Dankie julle! Dit was rerig lekker!
Dewald Gerrit du Plessis: Ek en ‘n vriend was so 2 jaar terug op een van hierdie toere en ek wil net noem dat dit werklik interessant genoeg is dat mens nie bymiddelle nodig het nie. ‘n Mens so baie gedurende hierdie toer. Hul snoepie is voldoende genoeg as jy bietjie dors word en dalk ietsie wil peusel. En as jy bang is jy gaan te honger word, eet ordentlik by die huis of bederf jouself by die eetplek wat gerieflik geleë is in die Hokaai sentrum vanwaar die bus vertrek. Dis wat ek en ‘n vriend gedoen het toe ons 2 jaar terug op die toer gegaan het.
Hester Brits: ooo hel… gedink Saterdag was Fun en informative, hierdie FB page het my aan die giggel… Dankie vir n awesome aand. Baie interessant. jy word SERIOUSLY wakker gehou deur die staff met byklanke en Jaco Hough-Coetzee is n fantastiese storie verteller, sal graag saam hom om n vuurtjie wil sit en kuier.
Nikki Sampson: Iets wat al lankal op my ‘bucket-list’ was en ek uiteindelik gedoen het. Baie professioneel aangebied, en kry mens bietjie aan die dink. Wow! En wat ‘n wonderlike manier om mense weer bietjie geinteresseerd te kry in Suid Afrikaanse geskiedenis. Soveel staaltjies en interessanthede. Baie dankie vir die ervaring.
Lezelle Tecklenburg: Wat ‘n besonderse aand!
Riaan Michelle Van Rooyen: Wow. Ons het nou almal ekstra stories om te vertel om daai lekker koppie koffie kuiers.
TERUGVOERING VAN 2017-GASTE
Casandra Smith (Rayton-uitstappie): Hoe lekker was dit nie om buite onder die sterre langs ‘n vuur te sit en na al die stories wat Jaco vertel het te luister nie. Party stories was hartseer, party was snaaks en party was scary. Maar die belangrikste vir my was dalk al die geskiedenis wat vertel is en ook die inligting oor die wêreld van spoke.
David Hibbers (PTA Spookbustoer): Die toer is een van die top 5 goed wat jy moet doen. Ongelooflik en elke oomlik die moeitewerd. Wat n toer.
Wessel Fick (Rayton-uitstappie): Sybrand se venue was awesome 5 sterre vir Die vd Merwe Stasie, die kos was heerlik en die porsies meer as genoeg. Dis net ‘n jammerte Dis nie oop vir die publiek nie, die besienswaardighede is ‘n juweel.
Markus Erasmus (PTA Spookbustoer): Kak aand. Ons magie gedrink het nie en ons wasi eers bang gemaak nie. Ons is belowe ‘n aand uit wat jy nooit sal vergeet nie, maar wat ek nooit sal vergeet nie was ‘n boring aand waar ons verbied is om fun te he en ‘n paar drankies te mag he. Fuck this shit!!
Piet van Waveren (Rayton-uitstappie): Baie dankie vir n onvergeetlikke naweek. Om n engelse woord te gebruik dit was “awesome”. Sal weer gaan en die vuur tot 00:00 gasvryheid uot die boekke. Sal weer kom. Was n belewenis. Gaan almak vertel. Baie dankie
Annamarie Schoeman (PTA Spookbustoer): Dit was n lekker aand dankie
Andrew Simpson (PTA Spookbustoer): Al die geskiednis van die plekke was boring. Pretoria is ‘n koloniale oorblyfsel van die apartheidjaare so hoekom die mense wat die plek gebou het se stories vertel wweet ek nie. Moenie gaan nie!!!! Daar is nie spoke nie!!!!!!
Caroline (Rayton-uitstappie): Ek het vir geen oomblik enige ongemak gevoel nie. Vir my was die aanbieding van hierdie stories met baie respek vir die bonatuurlike aangebied. Ek het ook meer geleer omtrent hulle en ook ander verhale gehoor wat nie so bekend is nie. Terwyl ons die oggend koffie gevat het, het ek vir iemand gesê dat hierdie belewenis is wat jy daarvan maak of nie. Vir my was dit groots!
Marie Erasmus (PTA Spookbustoer): Ek was op julle toer Saterdagaand saam met pelle van my. Ek wou eintlik nie gegaan het nie want ek glo nie in spoke en sulke goeters nie. Maar my liewe mamma wat 2 jaar terug oorlede is spook nog met my. Ek het met die toer soveel antwoorde gekry hieroor wat my baie gehelp het. Baie baie dankie oor die alle kennis van die geesteswereld. Ek het nou vertroosting gevind met my mamma se dood.
Magda Coetzee (PTA Spookbustoer): Dankie Jaco en die ander aanbierders vir ‘n great aand. Die stories was so awesome!
Linda Swanepoel (PTA Spookbustoer): Wow julle! Wat ‘n ongelooflike avontuur! Dankie vir die hele span wat dit aangebied het.
TERUGVOERING VAN VORIGE JARE
Sonja Janse van Rensburg: Ai maar ons het die Spookbus toer van 19 November soooo geniet!!  Weereens baie dankie vir al julle rëelings om dit vir ons so ‘n onvergeetlike lekker aand te maak!
Lizelle C Krebs: Fantastiese belewenis en so interessant! Baie dankie Jaco en Spookbus Span ! Ek wil net deel dat ek defnitief vooraf geweet het daar sit n dame daar agter in die hoek in die Capitol Theater . Soos daardie glas deure oopgegaan het , het die “reuk” van onsigbare energie my oorval.
Irene Myburgh:  Goeie more. Ons (Piet Myburgh (4) en Irene Myburgh (6))) wil net baie baie dankie sê vir die toer dit was baie profesioneel aan gebied en was ook baie insiggewend gewees. Nogmaals ‘n baie groot dankie aan die hele span (vanaf die drywer tot kantoor personeel) dit was fantasies gewees.
Koos Smith: Dankie vir ‘n besondere leersame aand. Die geskiedenis gedeelte het ek die meeste geniet. Dis net jammer van die twee mans in die groep wat die heeltyd probeer snaaks wees het, en die vrou agter in die bus wat elke keer opmerkings gemaak het terwyl die verteller besig was met die stories.
Dewald Gerrit du Plessis: Dit was ‘n baie leersame ervaring gewees. Daar was 2 plekke wat deel uitgemaak het van die toer waarvan ek geweet het maar oor die toestande waarin hulle is nooit gedink het ek dat ek ooit die binnekant daarvan sal sien nie. Dit gesê, ek sal beslis weer saam julle op toer gaan en ek sal jul beslis aanbeveel vir enige persoon wat uitvra.
Leilani: ‘n Onvergeetlike ervaring. Baie dankie vir die wonderlike aand. Sal verseker weer bespreek. Groete
Jolene: Ek wil net vir julle se vresslik dankie vir die onvergeetlike aand ons almal kan nie uitgepraat raak oor dit nie. DIT WAS N BELEWENIS !!!!!
Marlene du Plessis: Ek wil net baie dankie se vir die wonderlike ervaring en dat ek dit beslis weer sal doen. Ek dink die rede hoekom ek dit so baie geniet het is juis die feit dat geskiedenis in die spookstories verweef is.  Die aanbieding was baie smaakvol en die manier waarop die stories vertel word maak dit lekker om daarna te luister. Dit het my heel aan die begin opgeval dat daar ‘n diepte aan die aand was wat nie by ‘n mens kan verbygaan nie. Die deernis waarmee die stories van die troosgeeste vertel is, het my aangegryp juis omdat daar met soveel begrip vir die dood vertel is dat daar meer aan dood is as wat mens dink. Baie dankie weereens vir ‘n onvergeetlike ervaring.
Gerhard Van Der Merwe: Julle moet gaan dis baie lekker die stories op die bus is net so goed.
Dewald Gerrit du Plessis: Die hele presentation was uitstekend.
Neels van Deventer: Baie dankie vir ‘n onvergeetlike aand! Dit was werklik uniek en leersaam, en die reen het bygedra tot die atmosfeer en die totale effek op die aand.
Naude Kritzinger: Dankie vir ‘n onvergeetlike werklikheids-drama
Verona Delport: Baie dankie vir ‘n magiese Saterdag-aand! Jaco jy is ‘n meester-storieverteller! My ervarings- en werklikhede het ‘n definitiewe grensverskuiwing gehad!Doe so voort!!!!
Die Pretoria Spookbus loop weer op 27 Oktober en 17 November (Bespreek nou) deur die donker strate van die Jakarandastad, opsoek na al daardie legendariese stories wat in die stad en sy ou geboue afspeel. Stories van mense wat vanslewe hier gewoon en gewerk het, maar waarvan sommiges vergeet het om te vertrek. Spookstories. Inligting oor die bonatuurlike. ‘n Multi-media geskiedkundige uitstappie. Foto’s van orbse en ander vreemde verskynsels.

Bespreek nou