Besprekings

Kaartjiepryse
R219,00 per persoon.
Groepe van 6 en meer mense teen R199,00 per persoon.

Komende produksies

Saterdag, 26 Mei 2012
Saterdag, 23 Junie 2012
Tyd: 18:00 tot ongeveer 22:30

Voordat jy jou sitplekke op die Pretoria Spookbus-produksie bespreek, maak seker jy weet waaroor die produksie gaan en wat om te verwag – ons wil nie hê dat jy teleurgesteld sal wees en jou geld mors nie. Lees dus eers al die inligting op hierdie webtuiste noukeurig sodat jy ‘n ingeligte besluit kan neem.
Voltooi dan die besprekingsvorm hieronder, waarna die besprekingskantoor aan jou ‘n bevestigingsbrief sal stuur met besonderhede waar om die bus te ontmoet, asook met die bankbesonderhede sodat jy jou kaartjies binne vyf dae by wyse van EFT kan betaal.

   
 

Indien jou betaling nie betyds ontvang word nie, verbeur jy jou plekke op die bus.
Kaartjies kan nie tydens die aand van die toer by die bus gekoop word nie.
Indien jy bespreek en betaal het, maar jy daag na die vertrektyd om 18:00 op, verbeur jy jou kaartjies en toegangsgeld.

Besprekingsvorm

Voltooi die onderstaande vorm om vir die Pretoria Spookbus Produksie te bespreek.
Sitplekke is onderhewig aan beskikbaarheid en is eers geldig na jou betaling gemaak is.

Is nie een van hiérdie datums vir jou geleë nie? Teken in op die nuusbrief en jy sal in kennis gestel word van die volgende toerdatums. Sluit ook aan by die Spookbus-FaceBook-bladsy vir meer inligting in die toekoms.

Onthou:

Anders as van die ander “spookbus”-toere wat in die Jakarandastad aangebied word, is die Pretoria Spookbus-produksie nie ‘n paartie- of kuierbus nie.
Ons doen ook nie “pub-crawling” soos die ander nie.
Ons akkommodeer nie korporatiewe-, spanbou- of verjaarsdaggroepe nie.
Ons produksie is onbeskaamd gemik op die privaat persoon of -gesin wat ‘n belangstelling het in die geskiedenis van die ou geboue van Pretoria, wat meer wil leer oor die geesteswêreld, en wil luister na vertellings van die beste spookverhale wat in die stad afspeel.
Vir meer besonderhede, besoek www.spookbus.co.za


 

 
  nuusbrieffacebook